Zoeloe Wikipedia

Zoeloe Wikipedia
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Zoeloe
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Outeur Die gemeenskap
Huidige status Aktief
URL http://zu.wikipedia.org/

Die Zoeloe Wikipedia is die Zoeloe-weergawe van Wikipedia, 'n gratis, ope-inhoud aanlynensiklopedie. Volgens die aantal artikels is dit die 161ste grootste Wikipedia-projek.[1]

Aangesien Zoeloe onderling verstaanbaar is deur Xhosasprekers (albei is Nguni-tale) is dit moontlik om artikels uit die Zoeloe-uitgawe maklik in Xhosa te vertaal vir die Xhosa Wikipedia. Soortgelyke transwikipogings is aangewend vir die Skandinawiese taaluitgawes, soos die Sweedse, Noorse en Deense Wikipedias.

Daar is in Januarie 2012 voorgestel dat die Zoeloe Wikipedia gesluit word weens 'n gebrek aan aktiwiteit, 'n voorstel wat verwerp is in Maart 2012.

Die Wikipedia het tans 25 574 bladsye, waarvan 11 529 artikels is. Dit het 21 973 geregistreerde gebruikers, waarvan 102 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 109 736 wysigings aangebring en 0 lêers opgelaai.

  1. Lys van Wikipedia-tale

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy